Hoe het dit begin?
'n Passievolle mamma op 'n missie
Hallo, ek's Willa
Ek het oral gesoek vir Afrikaanse Christelike hulpmiddels om my twee kinders op ‘n lekker manier oor God te leer.
Want om God te dien is pret. Hy is vol vreugde – en kinders ook!
My moeisame soektog het nie baie vrugte opgelewer nie.
Ek het my soeke en vereistes voor die Here gaan neerlê.
En Reeds Gekies is wat die Here weer in my hart kom lê het:
Ek is REEDS GEKIES, my kinders is REEDS GEKIES. Ons moet nou net kies om ons hele menswees vir Hom in te span.
Met Sy Gees se inspirasie het ek kieskeurig en sorgvuldig die hulpbronne en produkte wat op hierdie blad verskyn ontwikkel en ontwerp.
My hoop is dat dit nie net my klein mensies nader aan God sal trek nie, maar dat ook ander klein hartjies se nuuskierigheid oor God sal prikkel. Ek bid dat dit hul sal om God te ontdek en in hul geloof te groei.
As ‘n toegewyde ouer is ek vasbeslote om die volgende generasie toe te rus met ‘n stewige Bybelse grondslag.
Hierdie het ons gesin opnuut weer laat anker in God en Sy Woord. Met babbelbekkies wat nuuskierig en gretig is om tussen krummels en taai handjies meer te wil weet van ons Here.
My grootste gebed is dat dit dieselfde vir jou gesin kan doen.
Welkom.
